Visie en Missie

KERNWAARDES

1. Onderrig geskied vanuit ‘n Christelike perspektief.
2. Ons skool handhaaf hoë akademiese standaarde.
3. Ons personeel is bekwaam en kundig.
4. Ons leerders ontwikkel fisies deur massadeelname.
5. Ons leerders ontwikkel op kulturele gebied.
6. Ons leerders word gemotiveer om hulle volle potensiaal te bereik.
7. Ons ouers speel ‘n integrale rol as prominente deel van die opvoedingspan.
8. Ons skool bied 'n harmonieuse en stimulerende opvoedkundige klimaat.
9. Ons beheerliggaam verseker die hoogste vlak van effektiewe bestuur.

DIE VISIE VAN LAERSKOOL BIRCHLEIGH

Laerskool Birchleigh se visie is om gehalte-onderwys vir almal, teweeg gebring deur die toewyding, verbintenis en ondersteuning van alle belangegroepe.
 

DIE MISSIE VAN LAERSKOOL BIRCHLEIGH

 Om doeltreffende kwaliteit onderwys en opvoeding te voorsien aan leerders van Laerskool Birchleigh en ons in besonder te beywer vir:
 
1. Die beskerming van Christelike waardes en vryheid van geloof.
2. Afrikaans as onderrigmedium te behou, maar ons leerders ten volle vaardig te maak in Engels en meertaligheid aan te moedig.
3. Die uitbou en beskerming van die karakter en etos van die skool.
4. Ons streef na ‘n leerder wat die skool toegerus sal verlaat met kennis, waardes en vaardigheid vir ‘n stewige fondament op sy pad na volwassenheid.
5. Die ontwikkeling van ons leerders tot hul maksimum potensiaal.
6. Die ontwikkeling van ons eie opvoeders, deur hulle toe te rus vir die eise van die tyd.
7. Optrede binne die raamwerk van die lands-, provinsiale- en onderwyswetgewing.
8. Die skool te bestuur volgens gesonde sakebeginsels.

Kontak Besonderhede