- Kinders uit ons breë gemeenskap word toegelaat om van die Pre-primêre skool gebruik te maak.
- Die Pre-primêre skool funksioneer gedurende skooltermyne- en sal gesluit wees op openbare vakansiedae.
- Die skoolure vir Graad RR en Graad R is as volg:
Maandae tot Donderdae 07:30 tot 13:00
Vrydae 07:30 tot 12:45
Die hekke open om 07:00. (Dankie dat u by ons tye hou.)
- U moet EEN KALENDERMAAND KENNIS GEE, met ander woorde as u op die tiende van die maand kennis gee, betaal u tot die tiende van die volgende maand. Kennisgewing van opsegging word bereken vanaf die datum waarop ‘n skriftelike kennisgewing ons bereik. Geen mondelikse kennisgewing sal aanvaar word nie.
- Die fooie is streng vooruitbetaalbaar voor of op die derde van elke maand.
- Die Pre-primêre skool is ‘n privaatinstansie wat met die toestemming van die Departement van Onderwys hul geboue en terrein gebruik. GEEN SUBSIDIES word toegeken nie en indien u enigsins nalaat om die skoolgeld stiptelik te betaal, sal u kind nie langer toegelaat word om die skool by te woon nie.
- Geen leerder sal toegelaat word om gedurende die dag die terrein te verlaat nie, tensy u skriftelik toestemming verleen. Geen telefoniese toestemming word aanvaar nie. Leerders moet persoonlik afgehaal word of deur persone wat skriftelik deur u daartoe gemagtig is.
- Die Pre-primêre skool is geregistreer by die Department van Onderwys.
Kontak Yvonne by (011) 972-6324





