Die Voortrekkerbeweging is 'n Christelike kultuurorganisasie vir die Afrikanerjeug. Op 30 September 1931, is die Voortrekkers amptelik gestig en is dus 80 jaar oud in 2011. Hoogland Voortrekkers is hierdie jaar 41 jaar oud. Ons het ± 90 ingeskrewe lede. Laerskool Birchleigh is ons grootste voederskool. Van ons Jeuglede kom uit skole soos Van Riebeeckpark en Mandorren. Verkenners, (Hoërskoollede) kom uit Hoërskool Birchleigh, Jeugland, Kempton Park, Panorama en Mandorren.
Elke jaar hou ons as amptelike opening in Januarie 'n "Vrugtefees". Ons eet waatlemoen, smeer mekaar en was dit af op die waterglybaan. Ons speel speletjies, braai en kuier by die Voortrekkersentrum in Ysterhoutstraat, Birchleigh.
Daar vind Gebiedskampe, Veldkampe, Waterkampe en Seekampe jaarliks plaas. Die hoogtepunt van elke jaar is die Kommandokamp wat ± Oktober plaasvind, vir die hele gesin.
ELKE Voortrekker kry 'n toekenning by die prysuitdeling. Voortrekkers help kinders om selfstandig te wees, leierseienskappe te ontwikkel asook om wenners te wees vir die toekoms.
Ons onderskryf die "ABC" Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap. Ons leuse is HOU KOERS.
Kontak Patrys Lottering by (011) 972-1389 / 079 779 2338 of Nicol Jacobs by 083 601 4905





