Baie dankie vir u lojale betaling en goeie samewerking wat ek gedurende 2011 van ouers ontvang het. Volgens Artikel 39 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, is ouers aanspreeklik om verpligte skoolgelde
te betaal.
SKOOLGELDE VIR 2012
Die ouers het op 21 November 2011 die skool se begroting goedgekeur. Die skoolgeld/Naskool asook Graad R'e vir 2012 sal as volg wees en is oor 12 maande.
GRAAD 1 TOT GRAAD 7
Per Jaar Per Kind = R 7920.00
Per Maand Per kind = R 660.00
Die verhoging in skoolfonds verteenwoordig ‘n styging van R60 per maand.
Pakketfooi: R540.00 (eenmalig, slegs vir Graad 1)
GRAAD R
Per Jaar Per Kind = R 9120.00
Per Maand Per kind = R760.00
Pakketfooi: R500.00 (eenmalig)
NASKOOL:
R5400.00 Per Jaar Per Kind
R450.00 per maand per leerlingVir 2012, sal ouers van Naskool asook van Graad R'e afslag ontvang vir jaar-betalings, en nie net Graad 1 tot Graad 7 ouers soos in die verlede nie
Die skoolgelde is verskuldig aan die begin van die jaar, maar betalings kan jaarliks of maandeliks gemaak word.
- Jaarliks - Kwalifiseer vir 15% korting indien betaal voor/op 31 Desember 2011
- Jaarliks - Kwalifiseer vir 10% korting indien betaal voor/op 31 Januarie 2012
- Maandeliks - 12 maandelikse betalings • Eerste betaling aan die
begin van Januarie 2012 en laaste betaling aan die begin van Desember
2012. Betalings moet geskied voor die 7de van elke maand vir die
daaropvolgende maand; Met ander woorde skoolgeld is maandeliks
vooruitbetaalbaar
- Maandeliks per Debietorder (Hierdie opsie word deur die skool aanbeveel) - Debietorder vorms is by die finansiële kantoor beskikbaar. Indien u enige navrae betreffende skoolfonds het, kan u met die grootste vrymoedigheid die skool kontak tussen 07:45 en 14:00.
Voltooide aansoekvorms vir vrystelling van skoolfonds moet voor 26 Februarie 2012 ingehandig word. Hierdie vorms is op ons webtuiste hier beskikbaar, of by die finansiële sekretaresse en bly u verantwoordelikheid om te voltooi en betyds in te lewer. Láát indiening sal u kans op vrystelling benadeel.
Die skool hou die reg voor om enige aansoek in heroorweging te neem gedurende die jaar. Vrystelling word deur ‘n departementele glyskaal tabel verwerk en persone wie gedeeltelike vrystelling ontvang, se bedrae sal vanaf skoolfonds afgetrek word en uitstaande bedrag moet deur ouers betaal word.
REKENINGSTATE:
NB! Rekeninge word maandeliks uitgestuur. Alle uitstaande rekeninge waarvoor die ouer nie bevredigende skriftelike reëlings getref het nie, sal sonder verdere kennisgewing onmiddelik onderwerp word aan ‘n invorderings proses.
DEBIETOPDRAG:
Persone wie se debietorders vir twee agtereenvolgende maande terugkom, se debietorders sal gekanselleer word en persone sal self verantwoordelik gehou word vir betaling aan skool.
Die skool volg ‘n finansiële beleid waar agterstallige rekeninge onmiddelik onderwerp sal word aan ‘n invorderings proses. Ouers wie probleme ondervind met betaling van skoolgelde moet asseblief
dadelik met ons in verbinding tree en nie wag totdat stappe teen hul geneem word nie. Rente sal gehef word teen die maksium toelaatbare koers op enige uitstaande bedrae.
Indien enige ouer probleme ondervind of enige ander navrae betreffende skoolfonds het, kan hul ons enige tyd skakel.
Groete
Werner van Blommenstein
Finansiële Voorsitter





