Ondersteuners van Laerskool Birchleigh

Hoeveel kos dit?
Die minimum bedrag is R200 en is maandeliks betaalbaar per debietopdrag.  U kan self op die maksimum besluit.

Hoe registreer ek?
Kliek hier om te registreer
Nadat u die registrasie proses voltooi het, sal u toegang kry tot die "Lede" afdeling onder die opsie "Ondersteuners" in die opsielys aan die bokant van ons webwerf.

Waar teken ek in en uit?
U kan inteken ("login") of uitteken ("logout") deur die inteken blokkie te gebruik regs onder op ons tuisblad.  As u inteken, sal u geneem word na 'n bladsy waar u inteken besonderhede verander kan word.  Om na die lede bladsy the gaan, kies "Ondersteuners" uit die opsielys aan die bokant van die bladsy, en kies dan die "Lede" opsie.

Help! Ek het my inteken besonderhede vergeet. Wat nou?
Geen probleem nie. Kliek hier, sleutel u "Username" en epos adres is onder die "Lost Password" gedeelte.  'n Nuwe wagwoord sal per epos aan u gestuur word.  Vir enige hulp, stuur 'n epos aan ondersteuners@lsbirchleigh.co.za, of skakel 083 320 5535 (Werner van Blommenstein - Finansieële Voorsitter)

Wie kan ek kontak vir hulp met registrasie,  en tegniese probleme?
U kan 'n epos stuur aan ondersteuners@lsbirchleigh.co.za, of skakel 083 320 5535 (Werner van Blommenstein - Finansieële Voorsitter)

Wat is dit presies?
Die ondersteuners is 'n groep aktiewe, skitter en hardwerkende ouers en mense in die gemeenskap wat
ons skool maandeliks ondersteun deur finansiële bydraes.  Hierdie groep is ook aktief betrokke by ons skool rondom fondsinsamelings en gratis dienslewering.  U sal hulle ook gedurig raaksien by sportbyeenkomste en vergaderings.

Hierdie groep ouers dra die skool se belange op die hart, en staan in 'n vertrouings posisie teenoor ons skool asook tenoor die beheerliggaam.
  Die ondersteuners groep verwag geen vergoeding of ophemel in ruil vir hulle bereidwilligheid nie. 

Die skool beplan egter, indien moontlik, om vir u as 'n ondersteuner ietsie terug te gee.  Hier is 'n paar idees wat ons in gedagte het:
  • Kan deelneem aan aanlyn gesprekke op die skool se webblad;
  • Deel wees van ons verjaarsdag klub;
  • Gratis parkering met funksies by ons skool;
  • Gartis koeldrank koepon met sport aktiwiteite by ons skool;
  • Gartis SMS SOS diens (SOS selfoon nr op "speeddial". Wanneer u in gevaar is, hou die knoppie in, die SOS stelsel sal automaties u nommer optel, neersit en 5 SMS'e stuur soos deur u opgestel;
  • SMS en of epos herinnering kan opstel vir gebeure op ons kalender;
  • U kind(ers) se state elektronies kan aflaai;
  • U kind(ers) se besonderhede elektronies kan nagaan en versoek vir wysigings (byvoorbeeld adres, telefoon nommers ens);
  • U mening kan lig oor sake op ons menings bladsy;
  • Aanlyn ons projekte en fondsinsamelings projekte kan monitor (daaglikse opdatering van inkomstes wat grafies voorgestel word teenoor doelwitte);
  • Toegang tot aanlyn speletjies tydens daardie ledige etensuurtjie of as die baas siek is;
  • Terugvoer oor sekere beheerliggaam besluite geneem tydens laaste vergadering asook aksie planne;
  • Ondersteuners braai-en-kuier jaareindfunksie waarna u slegs u eie drankie saambring (etes word ten volle voorsien);
  • Bloodstelling op ons webwerf;
  • Kalenders vir alle komitees asook aanlyn gesprekke met mede komitee lede (byvoorbeeld bemarkings komitee wat idees wil uitruil - blogs);


ONS BEPLAN OM HIERDIE INISIATIEF IN 2012 TE LOOTS, EN MAAK STAAT OP ONS OUERS EN GEMEENSKAP OM DIT SUKSEVOL TE MAAK!

No Comments Yet...

Leave Reply