Laerskool Birchleigh beskik oor 'n naskoolsentrum vir Graad RR tot Graad 7 leerders.
Die naskoolsentrum word bedryf deur sy eie naskoolsentrumhoof en personeel wat verantwoordelik is vir die veiligheid en toesig van leerders.
Die naskoolsentrum word bedryf gedurende skoolkwartale vanaf 13:30 - 17:30, insluitende skoolvakansies vanaf 07:00 - 17:30.
Openbare vakansiedae is dit egter gesluit.
Verpligte tye vir huiswerk/studie word gedurende skoolkwartale onder toesig van onderwyspersoneel gehandhaaf vanaf 14:00 - 15:00.
Voorsiening word gemaak vir kinders wat aan sport- of kultuuraktiwiteite deelneem met 'n addisionele huiswerkklas vanaf 15:00 - 17:00.
Kontak Alta Barnard 072 034 1808 met u navraag.





