‘n Praktiese handleiding om leerdergedrag te verstaan
en te bestuur binne die skoolkonteks
en te bestuur binne die skoolkonteks
Positiewe dissipline: Ouers se rol - Die laerskoolleerder
• Ken die skool se gedragskode en moedig u kind aan om dit te onderhou.
• Versterk die gedragskode deur primêre verantwoordelikheid vir u kind se dissipline te aanvaar.
• Skep ‘n geborge atmosfeer vir u kind sodat hy/sy positief kan groei en ontwikkel.
• Verseker u kind se gereelde en stiptelike skoolbywoning. Kommunikeer redes vir u kind se afwesigheid met die skool.
• Voer gereeld gesprekke met u kind oor sy skooldag. Kinders het altyd die behoefte om gebeure by die skool met u te deel.
• Leer u kind se opvoeder ken. ‘n Goeie oueropvoederverhouding verseker ‘n gelukkige kind met ‘n sterk geborgenheidsin.
Dit is voordelig wanneer manipulerende gedrag ondersteuning en regstelling benodig.
• Versterk leer tuis deur u kind se huiswerk na te gaan.
• Wees betrokke deur sy/haar akademiese en buitemuurse aktiwiteite te ondersteun.
• Luister met ‘n oop gemoed na u kind en die opvoeder. Waak daarteen om bevooroordeeld te wees en soek altyd na ‘n wen-wenoplossing.
• Leer kinders om positiewe oplossings vir probleme wat hulle daagliks beleef te vind en om konfrontasie sonder geweld te hanteer.
Die Vertrekpunt
• Begrip vir en bestuur van leerdergedrag het ‘n uitdaging vir skole in Suid Afrika geword.
• Die geheelontwikkeling van die kind is die doelwit vir die toepassing van positiewe dissipline.
• Uitreiking na leerders en inagneming van hulle behoeftes vereis effektiewe sisteme, vaardighede en ‘n positiewe houding.
• Bestuurstrukture in skole behoort duidelike omskrywings oor bestuur van leerdergedrag te gee.
• Die opvoeder het ‘n belangrike verantwoordelikheid om die klimaat vir die ontwikkeling van positiewe leerdergedrag te fasiliteer.
• Die rol van die ouer, as primêre opvoeder en vennoot in die vorming van die leerder se karakter is onontbeerlik.
• Skole moet die ruimte skep en die geleentheid bied vir leerders se leierskapontwikkeling.
• Die gedragskode vir leerders dien as grondslag vir die ontwikkeling en bevordering van positiewe leerdergedrag.
• Praktiese vaardighede word in krisistye benodig, wanneer leerders emosionele stres ondervind.
Die ontwikkeling en bestuur van ‘n Positiewe Gedragskultuur in die skool
1. Die basis vir positiewe gedrag
‘n Belangrike fokusverskuiwing in die effektiewe hantering van leerdergedrag, is die ontwikkeling en bestuur van positiewe verhoudings tussen
kinders onderling, asook tussen kinders en volwassenes. As basis vir die bou van verhoudings is ‘n klimaat van vertroue en begrip vir mekaar
noodsaaklik en dit moet deur die hele skool en klas ontwikkel en geïmplementeer word. Indien dit die geval is, sal wedersydse respek, omgee, kennis van mekaar se gevoelens, ‘n "ek behoort aan”-gevoel en die gereedheid om verantwoordelikheid vir eie besluite en dade te neem, makliker bereik kan word.
Skole het ‘n belangrike taak om kinders te leer om te onderskei tussen aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag. Geleentheid moet ook gebied word vir die ontwikkeling van insig en leer. In ‘n positiewe skoolsituasie word ‘n verbreking van skoolreëls dus nie net beskou as ‘n negatiewe handeling teenoor die skool nie, maar as ‘n negatiewe handeling teenoor medeleerders en onderwysers en die vertroebeling van onderlinge verhoudings.
In ‘n positiewe skoolklimaat is skoolreëls instrumenteel tot die geheelontwikkeling van die leerder. Die strategie vir positiewe gedrag leun sterk op die beginsels van die "Circle of Courage”-model wat kortliks op die volgende neerkom:
• "ek behoort aan”
• "ek presteer”
• "ek is selfstandig”
• "ek is ruimhartig”
Hierdie ontwikkelingsbenadering fokus daarop om kinders in staat te stel om in hulself te groei. Sodoende ervaar hulle hulself positief en neem hulle goeie besluite sodat hulle kan vorder tot selfstandigheid.
2. ‘n Gekoördineerde en ‘n geïntegreerde bestuur van positiewe leerdergedrag.
Heelskoolontwikkeling met die fokus op ‘n positiewe gedragskultuur moet goed bestuur word, want dit behels ‘n houding en werksetiek wat deur
professionele gedrag, ondersteuningstrukture en goeie beplanning gedryf word. Aktiewe leierskap is nodig om ‘n voortdurende geloof in die stelsel te bewerkstellig. Die belangrike rolspelers is die skoolbestuurspan, opvoeders, leerders, verteenwoordigende raad van leerders, klasmonitors of prefekte en die skoolbeheerliggaam (SBL).
Die bestuur van ‘n positiewe gedragskultuur is ‘n gekoördineerde en ‘n geïntegreerde benadering met ‘n duidelike taak vir elke rolspeler om positiewe gedrag te laat slaag. Die "circle of courage”-model is die basis vir implementering.
2.1 Take en verantwoordelikhede van die Skoolbestuurspan
Die bestuur van ‘n positiewe gedragskultuur benodig aktiewe leierskap om ’n konstante vloei van positiewe ingesteldheid teenoor en geloof in die stelsel te bewerkstellig. Dit behels daarom ferm, gekoördineerde en beplande optrede ter uitvoering van die algemene leerdergedragskode en die skooletiek.
- Verseker dat alle personeel, ouers en leerders kennis dra van beleidstukke oor positiewe leerdergedrag.
- Verseker dat beleid ten opsigte van dissiplinêre maatreëls uitgevoer word.
- Verseker dat leerdergedrag en leerdersake gereeld bespreek word.
- Verseker dat rekord gehou word van leerdergedrag.
- Reël personeelontwikkelingsessies oor die hantering van leerders se gedrag.
- Reël onderhoude met ouers oor die vordering en gedrag van leerders.
- Sorg dat die skool oor ‘n goeie oriënteringsprogram vir nuwe leerders (veral gr 1) beskik.
- Verseker regverdige en konsekwente hantering van leerders.
- Staan die skoolhoof by in die uitvoering van pligte om ’n skoolkultuur van positiewe dissipline te skep.
- Staan die skoolhoof by in die voorsiening van leerderondersteuning en -leiding tov goeie dissipline.
- Toesighouding oor die verteenwoordigende raad van leerders.
- Verantwoordelik vir die toesighouding en mentorskap van ‘n prefekteprogram.
- Lei besprekings oor dissiplinêre tendense en bekommernisse in die skool.
- Gee terugvoering oor OOS-aanbevelings en -intervensie.
- Skakeling met multifunksionele spanne by distriksentrums, gemeenskapsorganisasies en NRO’s.
- Hou besprekings om moontlike verwysings na die onderwysondersteuningspan (OOS) te identifiseer.
- Reël onderhoude met ouers om leerdergedrag en -behoeftes te bespreek.
- Beheer en bestuur die administratiewe stelsel van dissiplinêre verwysings en intervensies.
- Rapporteer aan SBS oor dissiplinêre tendense en bekommernisse.
2.2 Take en verantwoordelikhede van die Opvoeder
• Skep ’n leerdergesentreerde klaskamer waar besprekings toegelaat word tussen leerders, maar laat dit geskied op ’n gefokusde en ordelike manier.
• Berei goed voor sodat lesse vlot kan verloop en dissipline makliker toegepas kan word.
• Verwag samewerking van leerders. Wanneer "boeke uitgehaal moet word”, moet die instruksie uitgevoer word. Wag totdat dit gebeur!
• Moenie dreigemente maak wat nie uitgevoer kan word nie.
• Moenie net kritiek lewer nie. Wanneer kommentaar op die leerder se werk gelewer word, onthou om die leerder ook te prys.
• "Straf” slegs in ooreenstemming met die leerdergedragskode van die skool en die klaskamergedragskode.
• Maak seker dat die oortreder aangespreek word. Die klas as ’n geheel word nie gestraf nie. Dit is onregverdig en mag nie gebeur nie.
• Moenie toelaat dat ’n ry by u lessenaar vorm wanneer u boeke nasien nie. Tyd word verkwis en die moontlikheid is sterk dat dissiplineprobleme sal ontstaan.
• Moenie sit wanneer u onderrig nie. Beweeg rond en neem leerders waar terwyl hul groepaktiwiteite doen.
• Nader die OOS vir advies en ondersteuning oor intervensies en om spesifieke leerderbehoeftes te hanteer.
• Die Skoolbestuurspan is daar om u by te staan. Kry eerder hulp as om toe te laat dat dissiplinêre probleme ontwikkel.
2.3 Take en verantwoordelikhede van die Skoolbeheerliggaam
• Verantwoordelik vir die ontwikkeling en gereelde hersiening van die leerdergedragskode in samewerking met ouers, opvoeders en leerders.
• Verantwoordelik vir die daarstelling van ‘n gedissiplineerde en doelgerigte omgewing om onderrig en leer te verseker.
• Verseker dat die dissiplinêre praktyke by die skool binne die raamwerk van die Suid-Afrikaanse Grondwet en die S.A. Skolewet geskied.
• Wys ‘n dissiplinêre komitee aan.
• Hou billike verhore waar gefokus word op positiewe intervensie as helende opsie.
• Hou volledige notule van dissiplinêre verhore.
• Hou gereelde vergaderings met ouers om dissiplinêre aangeleenthede te bespreek
2.4 Take en verantwoordelikhede van die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) / Skool-Leiers
• Ontwikkel en bevorder ‘n positiewe leerdergees en -kultuur binne die skool.
• Spoor medeleerders aan om deel te neem en is verantwoordelik vir die gesonde funksionering van die skool.
• Bevorder goeie dissipline deur gereelde leerdervergaderings en besprekings te hou.
• Benut kommunikasiekanale om leerderfrustrasies en leerdervrese te bespreek.
• Bevorder positiewe kommunikasie met opvoeders en die skoolbestuur.
• Skep klubs en spesiale projekte om leerderbetrokkenheid te bevorder.
• Neem deel aan skoolbeheerliggaam-aktiwiteite.
• Tree op as ambassadeurs in die skool en die gemeenskap.
2.5 Take en verantwoordelikhede van die Prefekteprogram/Klasmonitorstelsel
• Bevorder goeie dissipline in klas en op skoolterrein.
• Sorg vir ‘n netjiese en skoon klaskamer.
• Bevorder klaskamertrots.
• Monitor klasbywoning.
• Skakel met klasopvoeders oor leerdersake en leerdergriewe.
Die Regte van die Opvoeder
• Soos elke burger van die land, het opvoeders sekere regte wat beskerm word binne die Grondwet. Die fundamentele regte van opvoeders word verder beskerm deur die beginsels van die gemenereg en nasionale wetgewing. Opvoeders is geregtig op die volgende:
- Gelykheid.
- Menswaardigheid.
- Privaatheid: om jou lewe te lei met die minimum inmenging. Dit omvat privaat, gesins- en huislike lewe; fisiese en morele integriteit; eer en reputasie. ‘n Opvoeder se reg op privaatheid behels ook dat hy/sy die reg het om nie in ‘n swak lig of in die verleentheid gestel te word nie en die reg het op aanspraak op vertroulikheid. Vanweë die opvoeder se openbare status is daar egter ‘n beperking op die opvoeder se reg op privaatheid m.b.t gesinslewe, seksuele oriëntasie en inligting betreffende sy/haar gesondheidstoestand.
- Vryheid van geloof en opinie.
- Vryheid van uitdrukking: opvoeders se reg op uitdrukking kan egter beperk word in soverre dit ander persone se regte of vryhede bedreig, of in belang van onderwys is.
- Vryheid van assosiasie.
- Politieke regte.
- Arbeidsregte.
- Taal en kultuur.
- Beskerming van en respek vir die waardigheid van die opvoeder. Hou in gedagte dat hierdie verhouding nie afgedwing kan word nie, maar deur optrede verdien word.
• Die regte van Opvoeders moet egter altyd opgeweeg word teenoor dit wat in die beste belang van die behoud van ‘n effektiewe, samehorige onderwys en leeromgewing is. Leerderoptrede wat in stryd is met die regte van die opvoeder moet altyd beoordeel word teen die agtergrond van die eienskappe eie aan dié van ‘n kind, nl.:
- Gebrek aan oordeel.
- Gebrek aan rasionele denke.
- Emosionele onvolwassenheid.
- Impulsiewe gedrag.

- Die Skoolbestuurder

- Die Adjunkhoof
- Staan die skoolhoof by in die uitvoering van pligte om ’n skoolkultuur van positiewe dissipline te skep.
- Staan die skoolhoof by in die voorsiening van leerderondersteuning en -leiding tov goeie dissipline.
- Toesighouding oor die verteenwoordigende raad van leerders.
- Verantwoordelik vir die toesighouding en mentorskap van ‘n prefekteprogram.
- Die Departementshoof
- Lei besprekings oor dissiplinêre tendense en bekommernisse in die skool.
- Gee terugvoering oor OOS-aanbevelings en -intervensie.
- Skakeling met multifunksionele spanne by distriksentrums, gemeenskapsorganisasies en NRO’s.
- Graadhoof/Senior Opvoeders